Asem
Daar’s ‘n geluid by my deur
Dit is jou asem

Ek hoor jou voetstappe fluister
Jy’t gekom vir my
Ek lê geluidloos en wag
Ek hoor my asem
Klink soos ‘n dief in die nag
Die ure tik verby

Ek is die bokkie wat knak onder die jagter se boog
Ek is die lam wat weerkaats in ‘n arend se oog
Ek is die mossel wat knars in die seemeeu se bek
Ek is die hond wat saan en blaf by die hek
Daar’s ‘n geklop aan my deur

Dit is jou asem

Ek hoor jou kneukels verkondig
Jy’t gekom vir my
Ek sit onseker en wag
Ek hoor my asem
Klink soos die see in die nag
Minute tik verby
Daar’s ‘n geruk aan my deur
Dit is jou asem

Ek hoor die hout wat versplinter

Jy’t gekom vir my
Ek staan gespanne en wag
Ek hoor my asem
Fluit soos ‘n trein in die nag
Sekondes tik verby

BANG
Ek’s bang vir my kop wat die werklikheid laat kraak
Ek’s bang vir gedagtes wat my hemel hel kan maak
Ek’s bang vir die egte, bang vir die skyn
Bang ek hou begrafnis en die opkoms is klein

Ek maak of ek OK is maar eintlik is ek bang

Elke dag hoor ek dit op die radio
Die aarde word te warm en die ys word lou
Dan word my oë so groot soos pierings in my kop
Ek lê net op my bedjie en my een been skop

Ek loop nou in die straat af, almal kyk vir my
Ek dink ek moes maar liewer in my bedjie bly
Oral is daar mense wat my wil beroof
Ek kla by die regering, hulle’s horende doof

Dis amper soos ‘n siekte, diékonstante vrees
Hoe kan ek myself van hierdie kwaal genees?
Ek voel hoe word die strop al nouer om my nek
Ek sal moet emigreer, anders word ek gek

Die enigste see
Lank het ek gewroeg, lank het ek gedwaal
Gehoop om die toekoms in te haal
Maar ‘n kop vol verlede is nie genoeg nie
Die pad het ek geloop, die afdraaipaadjies ook
Gesien hoe drome by jou kan spook
Besef my hart is nog lank nie geploeg nie

Maar die stad neem my en die stad wys my waaroor dit gaan

Die enigste see is ‘n see van gesigte
Die enigste oerwoud is ‘n oerwoud van beton
Die enigste berg is ‘n berg vol beloftes
Die enigste lig is die lig wat kom

Maar lank het ek gewroeg, lank het ek gedwaal
Gehoop om die toekoms in te haal
Maar ‘n kop vol verlede is nie genoeg nie
Die pad het ek geloop, die afdraaipaadjies ook
Gesien hoe drome by jou kan spook
Besef my hart is nog lank nie geploeg nie

Maar die stad neem my en die stad wys my waaroor dit gaan

Die enigste see is ‘n see van gesigte
Die enigste oerwoud is ‘n oerwoud van beton
Die enigste berg is ‘n berg vol beloftes
Die enigste lig is die lig wat kom

Die enigste maan is die flikker van ‘n straatlamp
Die enigste ster is die sterre in my oë
Die enigste wind is die winde van verandering

Die enigste rots is my ongeloof

Dink ek aan jou
As die donderwolke opsteek
Dan dink ek aan jou
As die bliksemstrale losbreek
Dan dink ek aan jou
As die motreën buite neersif
Dan dink ek aan jou
As die Kaapse strande leeg is
Dink ek aan jou

En as dit lig word diep in die nag
En as die son breek – helder die slag

Dink ek aan jou

As die vlamme in my opsteek
Dan dink ek aan jou
As die liefde in my losbreek
Dink ek aan jou

En as ons skater, soos kinders baljaar
En as ons later ons liefde verklaar

Dink ek aan jou

Ek sit alleen
Ek sit alleen en kyk na die see
Die strand is verlate en ek dink

As jy nou hier was het ons nou sandkasteel gebou

Ons asems opgehou

En gekeer dat die water ons mure breek

Die sonlig val soos reën op die water en maak ‘n ligkol

war walvisse speel

Ek wil ook deel wees van hierdie spel
En saam met jou deur die dieptes gly
Jy sê jy het my lief in elke liewe brief

Maar hier binne my bly ek wonder wat word van die liefde

Kan ontmoetings jare duur?

Jy sê jy wag vir my maar die maande gaan verby

En hier binne my bly ek wonder
Wat word van die liefde
Kan ‘n afskeid jare duur?
Ek sit alleen en kyk na die maan
Die stad is verlate en ek dink

As jy nou hier was het ons nou deur die nag gery

Die liggies gly verby

En die strate hou tyd met die nagmusiek
Die maanlig val soos reën op die pad en maak ‘n ligkol

war skaduwees speel

Ek wil ook deel wees van hierdie spel
En saam met jou deur die donker gly

Langpad
My lyf is ‘n langpad waar stippellyne lê
En agter elke katoog lê my sinne half gesê
My hart is ‘n landskap met wolke pienk en rooi
En agter elke reënboog lê my lewe half voltooi

My kop is ‘n klankbaan waar note heeltyd speel
En tussen al die klanke woon ‘n man wat hom verbeel
My oë is ‘n skerm waar beelde heeltyd flits
En tussen al die prentjies sien jy weerligstrale blits
My stem is ‘n loopgraaf waar jong soldate lê
En binne elke stilte lê die bom wat als moet sê
My tong is ‘n seedier wat wegkruip in sy skulp
En binne elke kronkel staan ‘n man en skree om hulp

My siel is ‘n soeker na wat die lewe bied

En keer op keer sak my moed as ek sien dis als verniet
My lewe is ‘n snelweg waar karre om my jaag
En elke afdraai nooi my om die langpad te verlaat

Lig my op
Ek soek die woorde wat kan sê
Die groot geheim wat binne my lê
Ek soek ‘n besem wat kan vee
Al die gemors wat binne my leef
Ek soek ‘n brander wat kan breek
Oor al die seer wat binne my steek
Ek soek vergeefs na al die dinge
Wat my kan red wat my kan
Oplig na ‘n beter baan

Wat my kan vang as ek die hoogtes slaan
Wat my kan neerlê by ‘n silwer stroom

Wat my kan wakker maak uit ‘n nare droom wat my kan

Oplig na ‘n beter baan

Wat my kan vang as ek die hoogtes slaan
Wat my kan neerlê by ‘n silwer stroom
Wat my kan wakker maak uit ‘n nare droom
Ek sien die mense om my jaag
Na drome om hulself te behaag
Ek sien daar is geen salf te smeer
Aan die spiraal waarin ons verkeer
Ek smag na weivelde wat groen
Oor vlaktes wuif soos weivelde doen
Ek smag na lande ver van hier
War mense kan hande vat wat my sal oplig…

Jy maak jou oë oop en jy sien
Miljoene hande onverdiend
Wat jou beskerm, jou bewaak
En waar jy gaan is hulle daar
Deur elke dag deur elke jaar
Laat vaar bekommernis, beslommernis
En sien die lig wat jou kan oplig…

Rietfontein
By Rietfontein se leidam as die reier staan en droom
En gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel in die
stroom

Word op maanverligte nagte nog ‘n somber tafereel
Van haat en lus en liefde deur gestorwenes afgespeel

Wit is die water en blond is die maan
en bly is die paar wat gearmd daar gaan

Versilwerde bome ruis in die laan
Wit is die water en blond is die maan

‘n Honderd jaar gelede het die buurt se mooiste blom

so in die helder maanlig na die peerboomlaan gekom

maar terwyl sy en haar minnaar in confetti bloeisels staan

het ‘n ander in die skadu langs die dam se wal gegaan

Wit is die water en bleek is die maan
wie is dit was daar so geruisloos gaan

‘n huiwering trek deur die bome in die laan

wit is die water en bleek is die maan

O salig die verrukking wat die suiwer liefde bring

en vrolik het die harte van die paartjie daar gesing

by Rietfontein se leidam in die wit lig van die maan

maar oorkant langs die peerboom het ‘n skaduwee

gegaan

Wit is die water maar bleker die maan

wie is dit wat daar so doelbewus gaan?

Verdonkerde bome bewe in die laan

Wit is die water maar bleker die maan

Kortstondig soos die dou wat smôrens skitter op die roos

Kortstondig was die enkel uur van samesyn se troos

Op bloedbevlekte bloeisels lê die paartjie in die laan

Terwyl ‘n swart gestalte onder peerboomtakke staan

Bloed in die water en bloed in die laan

Wie is dit wat daar so roerloos bly staan

Vormlose skaduwees kruip oor die maan

Bloed in die water en bloed in die laan

By Rietfontein se leidam as die reier staan en droom

En gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel in die

stroom

Word op maanverligte nagte nog ‘n somber tafereel

Van haat en lus en liefde deur gestorwenes afgespeel

Bloed in die water en bloed in die laan

Wie is dit wat daar so skuldbewus gaan

Vormlose skaduwees kruip oor die maan

Bloed in die water en bloed in die laan

Sandkasteel
Soveel mense op my pad, soveel vriende wat my hande vat

As dit donker raak om my, as my voet op rotse gly
Aan my ouers, my steunpilaar, hoe kan woorde wat ek voel vertaal?

Julle’s sterk, en nogtans sag – julle liefde gee my krag

Ek sien ‘n sandkasteel wat in die water staan

Die see wat teen sy mure slaan
En as ek wegsink in die sand
Voel ek jou uitgestrekte hand

Ek sien ‘n lighuis wat helder skyn
Ek sien die lig wat indie mis verdwyn
Is dit jou stem wat my kom haal

Aan my sus, my sielsgenoot
Jou begrip vra net ‘n halwe woord
Soveel ure saamgeleef
Soveel jare saamgeweef
Aan my lief, my hart se punt
Jy’s die een aan wie ek my verbind
Ek was eenkant sonder naam
Toe kom jy en vat my saam

Sê my wie jy is
Sê my wie jy is
Kan jy my vertel
Van saamwees en van mis
Van hemel en van hel

Luister na my want ek roep jou naam

Ek weet hoe jy voel
Die leemte in jou hart
Is vir my bedoel

Hoor nou my lied want dis net vir jou

Dat ek aanhou sing
Eeue lank alreeds
My hart aan jou bring

Luister wie ek is
Ek sal jou vertel

Van saamwees en van mis
Van hemel en van hel.

Southern lights
One hello can turn a life around
Stars collide and no-one makes a sound
I hold my breath and hope that it will last
Not fade away like so often in the past
Sentences build bridges into space
Feelings march across and take their place
Fingers writing letters on my skin
Love is here: let love begin
I call your name over the ocean
I feel your touch, our bodies in motion
I crave your kiss, your head on my shoulder
It’s you I’ll love when our bodies grow older
I used to be afraid and incomplete

The slightest breeze would sweep me off my feet
I used to think that love could never be
But now I know we hold the key
I call your name over the ocean
I feel your touch, our bodies in motion
I crave your kiss, your head on my shoulder
It’s you I’ll love when our bodies grow older
I breathe you in like southern lights bending
I taste your skin in autumn descending
I hear your voice – a river above me
You heal my heart when you tell me you love me

Tempel
Jy is ‘n tempel, ‘n kamer vol lig

Jy nooi my oor die drumpel om te sing en te dig

Jy is ‘n tempel, ‘n oomblik van rus

Jy hardloop deur my lewe en jy maak my bewus

Jy is ‘n tempel, ek word weer ‘n kind

Ek eet weer van die manna wat my hart aan jou bind

Jy is ‘n tempel, ‘n toring van vuur

Jou hande is soos blare wat soos herfs oor my skuur

Jy is ‘n tempel, ‘n reënboog van kleur
‘n Kamer waar die passies en emosies in beur
Jy is ‘n tempel, ‘n bergreeks van tyd

Hier’s digbegroeide woude en die vlaktes is wyd

Jy is my tempel, kom lê teen my aan

Hier’s varsgeplukte blomme, hier’s ‘n son en ‘n maan

Jy is ‘n tempel, die einde van my reis
Die plek waar al my paaie lei, jy is my paradys

Verby
Jy sê dis verby, vat jou goed, kry jou ry, en ek staan voor jou
deur met my hart in my keel, en ek wonder wat word d’une vie
qui est morte, en jy weet iets is dood, maar jy kry nie die

woord om te sê

Hoe dit klink as die liefde sink, en jy sien hoe dit lyk as die
hartstog wyk, en jy weet hoe dit gaan as die sout verslaan, en jy

voel desperaat, maar dis klaar te laat en

Jy sê dis verby, vat jou goed, kry jou ry, en ek staan voor jou
deur met my hart in my keel, en ek wonder wat word d’une vie
qui est morte, en jy weet iets is dood, maar jy kry nie die woord

om te sê

Hoe dit voel as die lug oor jou spoel, en die son soos ‘n bal
tussen wolke val, as die reën soos ‘n kind in die straat rinkink,

en die stilte in jou soos ‘n blom ontvou

En jy weet hoe dit klink as die liefde sink, en jy sien hoe dit lyk as
die hartstog wyk, en jy weet hoe dit gaan as die sout verslaan,

en jy voel desperaat, maar dis klaar te laat en

Jy sê dis verby, vat jou goed, kry jou ry, en ek staan voor jou
deur met my hart in my keel, en ek wonder wat word d’une vie
qui est morte, en jy weet iets is dood, maar jy kry nie die woord

om te sê dis verby.

Wat ek wou
Ek wou my arms lig

En wegwaai soos ‘n miswolk in die lug

Ek wou my stem verhef

En sing sodat my woorde jou kan tref

Ek wou my oë sluit

En wegkruip in my hart se stil kajuit

Ek wou dit alles doen

En hoop om my met jou te kan versoen

Maar my arms is lam
Die wolk waai weg

My stem probeer vergeefs vir asem veg

My oë bly oop
My hart is toe

Jou vuiste val, maar ek hoor nie hoe jy

roep nie

Hoor jy hoe ek roep?