Emile Minnie is a South African singer-songwriter and entertainer.
In 1995 he completed a BA degree in Clarinet and French at the UFS, obtained
his UNISA grade 8 in clarinet and his Royal Schools grade 7 in theory. In 2003
he performed with the Cape Philharmonic Orchestra, took part in the
International Music Festival in Chile, and toured SA and Namibia with
chanteuse Danièle Pascal.
In 2006 Emile's show "Dagbreek" was nominated for a Kanna for Best Music
Theatre at the Klein Karoo National Festival, he was a finalist in the World
Song Contest, a top 10 finalist in the ATKV Songwriting Competition, and
Laurika Rauch recorded three of Emile’s songs on her album “’n Lekker
verlang-liedjie”. In the same year Emile was a top 10 finalist in the ATKV
Crescendo Songwriting Competition.
In 2008 Emile won third place in the Huisgenoot songwriting competition, he
played a leading role in the South African film “White Wedding”, his
“Nagmusiek” album was nominated for a SAMA in the category Best
Alternative Afrikaans Album, and he was a finalist in the Media 24 Spontaan
competition.
Emile’s songs “Vang my” en “Anderkant die ewigheid” reached the number 1
position on Radio Helderberg and Oosrand Stereo in 2011 and 2013.
Emile has released more than 10 studio albums. When he’s not recording or
touring, he’s hiking in a forest or swimming in the ocean.


Emile Minnie is ‘n Suid-Afrikaanse liedjieskrywer, sanger en
vermaakkunstenaar.
In 1995 het hy sy BA graad in Klarinet en Frans aan die UVS, sy UNISA graad 8
in klarinet en sy Royal Schools graad 7 in musiekteorie behaal. In 2003 het hy
saam met die Kaapse Filharmoniese orkes opgetree, aan ‘n internasionale
musiekfees in Chile deelgeneem, en deur SA en Namibië getoer saam met die
sangeres Danièle Pascal.
Emile is in 2006 benoem vir ‘n Kanna vir sy produksie “Dagbreek”, sy
“Nagmusiek” CD is genomineer vir 'n SAMA vir beste alternatiewe Afrikaanse
album, en hy was onder die top 3 in die Huisgenoot Tempo Liedjiekompetisie.
Hy was ook ‘n finalis in die ATKV Crescendo kompetisie. In dieselfe jaar het
Laurika Rauch drie van Emile se liedjies opgeneem op haar album “’n Lekker
verlang-liedjie”.
Sy liedjies “Vang my” en “Anderkant die ewigheid” het onderskeidelik in 2011
en 2013 die nommer 1 posisie gehaal op Radio Helderberg en Oosrand
Stereo.
In 2009 het Emile sy debuut op die silwerdoek gemaak in die Suid-Afrikaanse
fliek “White Wedding”.
Emile het al meer as 10 albums vrygestel. Wanneer hy nie besig is om liedjies
te skryf of te toer nie, dans hy die waitutsi iewers op ‘n tropiese strand.