CITY OF JOY
I came to a castle in the clouds
surrounded by land and sea
mountains lay like giants at my feet
in this land where I chose to be
fallen angels came to dance in the street
and loneliness came to play
lovers danced to a different beat
in this land I chose to stay

KOOR

it’s a city of joy, it’s a city of peace
it’s a city of brotherhood and love

it’s a city of light, it’s a city where everyone is shining

it’s a city of tears, it’s a city of grief
it’s a city of uninvited violence

it’s a city so dark, it’s a city where everyone is drowning

everyone is drowning
I live in a castle in the clouds
surrounded by land and sea
light falls like water at my feet
in this land where I choose to be
fallen angels come to dance in the street
and loneliness comes to play
lovers dance to a different beat
in this land that I name
KOOR
it’s my city of joy…
I’ll fly from my castle in the clouds
surrounded by land and sea
tears will fall like raindrops at my feet
in this land that I’ll choose to leave
fallen angels will come to dance in the street
and loneliness will come to play
lovers will dance to a different beat
in this land that I name

DAGBREEK
Sterre flonker, lig die donker
Skyn op water, son kom nader
Dagbreek

Bome fluister, wolke luister
Sonlig filter, hart klop wilder
Dagbreek

Gaan ek ooit?
Gaan ek ooit ‘n boek skryf?
Gaan ek al my spoke verdryf?
Die spoke wat bly in my hart se laai
En my gevoelens met ‘n leuen verraai

Gaan ek ooit sukses smaak?
Gaan ek aan die wenpaal raak?
Gaan my lewe ooit nuttig wees?
Gaan die nageslag my onthou?

KOOR: As ek sing van die liefde, sing van die dood
As ek sing van die stilte in die Groot Karoo
As ek sing van dinge wat saakmaak,
dinge wat diep lê binne jou

As ek sing van die vreugde, sing van die pyn
Sing van die liggies wat jou hart omlyn
Sing van dinge wat heelmaak
Vrede kan bring vir jou en my

INSTR
Gaan ek ooit myself ken?
Gaan ek ooit miljoene wen?
Gaan ek ooit die huis by die see bou
Waarvan ek jare lank al droom?

Gaan ek ooit ‘n slag slaan?
Gaan ek ooit my hart verstaan?
Gaan ek ooit ‘n verskil kan maak
in die wêreld rondom my?

KOOR
INSTR
KOOR x2

HANG EK HALFLYF
Ek gaan vir julle nou ‘n tere liedjie sing

Van die wêreld waar ons leef en die kleure wat dit bring
Wat warm was is koud, wat koud was is nou lou
Tieners word geskei en oumas staan op…
Nou hang ek halflyf tussen die hemel en die hel
Met baie om te sê maar niks om te vertel
Nou loop ek toe oë oor ‘n styfgespande tou
En die hemel alleen weet of my anker my gaan hou
Die verlede is ‘n ding wat ek bitter min van weet
En wat ek eens geleer het het ek lankal reeds vergeet
Die toekoms is ‘n nar met ‘n apie in sy mou
En as die wiele draai, dan lag hy in sy…

Nou hang ek halflyf…

Die lewe is ‘n ding wat ek bittermin van weet
En hierdie man se speel is daardie man se sweet
Die lug is somtyds helder, en ander kere grou
En ‘n Maandag is soms swart, maar meestal is hy…

Nou hang ek halflyf

Die liefde is ‘n ding wat ek bittermin van weet
Gaan hy jou onthou, of het sy jou vergeet?
En somtyds spreek jy vry, en somtyds moet jy klou
En die vlamme moet jy stook, of die vuurtjie brand te…
Nou hang ek halflyf tussen die hemel en die hel
Met baie om te sê maar niks om te vertel
Nou loop ek toe oë oor ‘n styfgespande tou
En die hemel alleen weet of my anker my gaan hou.

HUISIE
INSTRUMENTAL

My hele lewe lank bou ek ‘n huisie
Ek bou die mure so steentjie vir steentjie

(steentjie vir baksteentjie)

my hele lewe lank droom ek ‘n droompie
ek slaap so salig hier onder my boompie

INSTR

my hele lewe lank klim ek ‘n leertjie
wat wag vir my op die volgende treetjie?
My hele lewe lank loop ek ‘n paadjie
Ek loop te lank al so sonder ‘n maatjie

INSTR

BRUG: en ek bou maar ek kom nooit klaar
En ek klim maar ek is nooit daar
En ek droom maar ek staan nooit op
En ek loop so deur my
Loop so deur my kop
VERS 1 +2
INSTR

JY IS DIE EEN
Jy is die een wat my wortels voed met sagte, donker grond
Jy is die een wat my stam omhels – ek voel jou lippe teen my

mond

Jy is die een wat in my mik kom lê, dan praat ons land en sand
Jy is die een wat in my koelte klim as die son se strale brand
Jy is die een wat jou vlerke sprei en na verre lande reis
Jy is die een wat jou stem laat hoor as jy die God van vryheid

prys

Jy is die een wat elke keer terug na my toe kom
Jy is die een wat jaar na jaar in my droë woestynland blom

Jy is die een x2

KOOR: Jy is die een wat my hartklop hoor soos ‘n baken in die

nag

Jy is die een wat my kop verstaan en saam met my kan lag
Jy is die een wat ek teen my dra soos ‘n pasgebore kind
Jy is die een wat die naelstring knip en my hegter aan jou bind
Jy is die een wat soos ‘n ma die wêreld vir my wys
Jy is die een, my bondgenoot op hierdie lewensreis

Jy is die een. X2

KOOR: Jy is die een wat my hartklop hoor soos ‘n baken in die

nag

Jy is die een wat my kop verstaan en saam met my kan lag

INSTR

KOOR: Jy is die een wat my hartklop hoor soos ‘n baken in die

nag

Jy is die een wat my kop verstaan en saam met my kan lag
Jy is die een wat my moed inpraat as die storms aan my ruk
Jy is die een, die enigste een – jy is my geluk

Jy verlaat my
Ek is vir jou gebore. Ek is vir jou bedoel

Jy is vir my beskore maar kyk nou wat jy doen

Jy verlaat my – Oooooo jy verlaat my

Jy het jou hart belowe maar kyk nou wat jy doen

Jy verlaat my

‘n Voëltjie sprei sy vlerke, hy weet wat hy wil hê

My liefde ken geen perke maar jy gaan my hier laat lê

Jy verlaat my – Ooooo jy verlaat my

My liefde ken geen perke maar jy gaan my hier laat lê

Jy verlaat my

KAATJIE VAN DIE BAAN
die wind waai troosteloos deur bome, blare val
skroeiend vlammend, skreiend brandend

sonlig knal

die stilte versplinter, kil en onbemin draai die maan haar rug

die middag sug
maar…

KOOR: gisteraand was sy weer kaatjie van die baan
met haar wye kantmoue, haar goud en haar saffraan
soos ‘n oosterse godin, n diva van die nag
het sy die skares wild gehad met haar prag
en sy't gesing van haar liefde, haar pyn en haar leed
en haar onvermoë om te vergewe en vergeet
en toe die laaste akkoord wegsterf in die wind
toe staan sy alleen soos ‘n verdorwe kind
sy opeens die volk se liefling, nou verloën
eens verafgod, hoog verhewe, nou ‘n bron van hoon
die son se strale laat haar bleek lyk teen die blou

waaraan sy verbete klou

maar…

KOOR: vanaand is sy weer kaatjie van die baan
met haar wye kantmoue, haar goud en haar saffraan
soos ‘n oosterse godin, ‘n diva van die nag
sal sy die skares wild maak met haar prag
en sy sal sing van haar liefde, haar pyn en haar leed
en haar onvermoë om te vergewe en vergeet
en as die laaste akkoord wegsterf in die wind
dan staan sy alleen soos n verdorwe kind

INSTR
KOOR

Kry my
Wat kan ek sê, daar’s ‘n knop in my keel
Wat kan ek skryf in die volgende reël
Wat kan ek sê, ek is klaar gepraat
Waar gaan ek heen, dis ‘n doodloopstraat
Waar is die vlam, dis ‘n pikswart pad
Waar is die lig, dis ‘n duistere gat
Wie kan my red as die donker daal?
Wie is die een wat vir my kom haal?

Ek lees die koerant, dis net moord en roof
Ek luister die nuus, maar ek hou my doof
Ek sit aan die kassie dis ‘n groot lawaai
Vat my liewer op ‘n Kaapse draai
Gee my die wind, gee my die son
Gee my die reën as die winter kom
Gee my die vlaktes in die ou Transvaal
Gee my jou liefde as die donker daal

Ek mis jou lag as ek grappies maak
Ek mis jou oë wat aan die hemel raak
Ek mis jou lyf wat myne wil hê
Ek mis jou asem as jy langs my lê
Want jy is die vlam op ‘n pikswart pad
Jy is die lig in ‘n duistere gat
Jy kan my red as die donker daal
Jy is die een wat vir my kom haal.
Jy kan my kom haal.

MY GELIEFDE
ek verstik in my liefde

my woorde word ‘n klont wat vashaak in my keel

ek verstik in my liefde

my lippe word ‘n deur waarteen my sinne hamer

ek verdrink in my liefde

my hartstog word ‘n hand wat my afvat na die dieptes

ek verdrink in my liefde

my gevoelens word ‘n golf wat my teen die grond verpletter

maar ek wag, ek wag vir jou, geliefde
ek wag, ek wag vir jou, my lief
ek verbrand in my liefde

my verlange word die vlam wat lek-lek aan my voete

ek verbrand in my liefde

my passie word die vuur wat my verskroei in aarde woede

ek verdwaal in my liefde

my gedagtes word ‘n doolhof waar die mure in my vasloop

ek verdwaal in my liefde

my vrees is ‘n woestyn waar die stilte swyg in wanhoop

maar ek wag, ek wag vir jou, geliefde
ek wag, ek wag vir jou, my lief
ek vertrou in jou liefde

jou liefde is die hand wat my terugbring na die lewe

ek vertrou in jou liefde

jou liefde is my stem wanneer my woorde my begewe

Saartjie
Wie is die meisie met die sagte stem?
As jy haar hoor, sal jy haar ken?
Wie is die engel met die donker oë
wat in kettings in die straat afloop?

Saartjie, Saartjie

kom speel weer saam met my op Kaapse duine

Saartjie, Saartjie

jy’t jou rus gevind, maar waar is myne?
As jong vrou is sy meegevoer
deur leë beloftes van weelde en roem
Haar wêreld moes sy agterlaat –
uitgestal soos ‘n dier op straat…

Sê dit
Sê dit in ‘n brief, sê dit in ‘n woord
Sê dit in ‘n sin, die digterlike soort
Sê dit as dit reën, sê dit as dit hael
Sê dit as die donker daal
Sê dit in ‘n kyk, sê dit in ‘n lag
Sê dit op ‘n wilde onweersdag
Sê dit in ‘n traan, sê dit in ‘n sug
Sê dit as die donker vlug
Sê dit vir my

Sê dit in ‘n woud, sê dit op ‘n strand
Sê dit as die wêreld om jou brand
Sê dit in die lig van ‘n kattedraal
Sê dit as die donker jou kom haal
Sê dit op ‘n berg, sê dit in ‘n kloof
Sê dit as die stilte jou beroof
Sê dit in die nag as die sterre jou verblind
As die donker jou uiteindelik vind

Jy gaan by my bly

SIEN JY NOU?
My vere word gepluk meneer
My woorde word gesluk meneer
My arm word gedraai meneer
My kinders afgemaai meneer
My wese word geruk meneer
My mense gaan gebuk meneer
My vryheid word verswelg meneer
My skuld word nooit gedelg meneer

Die liefde het gewyk meneer
Dis haat net waar jy kyk meneer
My dae word stadig afgetel en
elkeen bring ‘n nuwe hel
My deure word gesluit meneer
My spore word gestuit meneer
My stem is ‘n masjiengeweer
Meneer
Sien jy nou?
My strome is nou stil meneer
My mense het geen wil meneer
My diere lê vermink meneer
My beker is geskink meneer
My land is kaal geskeer meneer
Gestroop voor ek kon keer meneer
Met hande skurf en kaal sê ek
Meneer
Sien jy nou?
My hart is ‘n hotel meneer
Jou sente vir my vel meneer
My kop ‘n kattedraal waar my
Verlede doelloos dwaal meneer
Die vensters tot my siel meneer
Is stukkend en verniel meneer
My lied weerklink vir ewig in die niet
Sien jy nou?

SUSTERLIEFDE
As ek dink aan susterliefde, dan dink ek net aan jou
as die wêreld om my ratel, as die donkerte my toevou
dan sien ek weer die duine, ek sien die branders en die son

die vonkel in jou oë, die lig op my horison
As die vreugde in my opwel, of die trane vlak kom lê
dan weet ek jy was ook hier, jy verstaan wat stilte sê
om vry te wees en lief te hê, uit volle bors te sing
dan lag jy oopmond en ek weet: niks kan groter vreugde bring

As ek dink aan wilde woorde, dan dink ek ook aan jou
as die watervalle opdroog, of die blare val in rou…
dan sien ek weer die duine, ek sien die branders en die son

die vonkel in jou oë, die lig op my horison
As ek dink aan susterliefde, dan dink ek net aan jou
as die wêreld om my ratel, as die donkerte my toevou
dan sien ek weer die duine, ek sien die branders en die son

die vonkel in jou oë, die lig op my horison

VOOR JOU
voor jou was die wolke grys
was daar wagte voor my paradys
voor jou was die aarde plat
met slegte weer op ararat
voor jou was babylon

die stil een wat nooit uit wou kom
voor jou was die werklikheid ‘n droom

voor jou was die liefde
‘n parysenaar met ‘n lang sigaar
voor jou het donderweer
my notre dame in twee laat skeur
voor jou het sonneblom
gesmeek dat somer uit moet kom
voor jou het die werklikheid verweer

INSTR

voor jou was die liefde
‘n parysenaar met ‘n lang sigaar
voor jou het donderweer
my notre dame in twee laat skeur
voor jou het sonneblom
gesmeek dat somer uit moet kom
voor jou het die werklikheid verweer